Local newsNews

Fotograwe se werk by maandvergadering op Secunda beoordeel

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 7 November by te woon.

Dr Leon Pelser het presteer met sy foto’s by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op 3 Oktober. Sy foto, Out for Revenge, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto gekry en met sy foto, Rainspider in die pikturale afdeling, was hy beste onder die senior fotograwe en dié foto het ook vir hom ’n sertifikaat van meriete verower.

Pelser het ook sertifikate van meriete vir sy foto’s Circles of Canolas en Winter Harvest, beide in die landskapafdeling, ontvang.

Yolandi Geyser was die beste fotograaf onder die junior fotograwe met Sipping Water in die pikturale afdeling, waarvoor sy ook ’n sertifikaat van meriete verwerf het.

Sy het ook sertifikate van meriete vir Feathered Friend in die pikturale afdeling en Relaxing en Waterbuck in die natuurafdeling ontvang.

Stian Griffen het sertifikate van meriete ontvang vir Laughing Dove in die natuurvoëlsafdeling, Silent Reflection in die landskapafdeling, Zipped Up in die tweekleurige foto-afdeling en Heidelberg Klipkerk in die pikturale afdeling.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is:
• Piet Potgieter vir I am Not Greedy I Like a Lot in die natuurvoëlsafdeling en Dune 45 in die landskapafdeling,
• Louis van der Walt vir Fernwood Purple Sunrise en Mysterious Chapel Cemetery on Hill, beide in die landskapafdeling,
• Adri Kristen vir Lake Minnewanka Canada en Our Lady of the Rockies Church Canmore, beide in die landskapafdeling,
• Danie Smit vir Vanderkloof in die landskapafdeling en Marula Feast in die natuurafdeling,
• Mthobisi Gama vir Question Me in die piturale afdeling, Generational in die tweekleurige foto-afdeling en Unity en Keep Pushing, beide in die fotojoernalistieke afdeling,
• Sussa Pelser vir The Psycho Ward in die voorgeskrewe onderwerpafdeling,
• Lorraine Botha vir Monkey with Sass in die natuurafdeling,
• Johan Viljoen vir Kuifie in die natuurafdeling,
• Peter Winnan vir Leopard Drinking en Just a Bit Closer, beide in die natuurafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 7 November om 18:00 vir 18:30 en belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button