Bean Extreme het al die verrigtinge vir die naweek hanteer.
Foto: Zell-Mari de Jager
Met die Standerton Landbouskou agter die rug, het die skoukommittee hul laaste vergadering afgesluit. Volgens André du Plessis, was die Standerton Landbouskou 2025 ’n sukses.
“Daar was wel ’n paar uitdagings maar die skou was goed ten spyte daarvan,” het du Plessis gesê.
Volgens du Plessis het die kaartjieverkope baie goed gedoen. Die 60 stalletjies wat beskikbaar was het goed gevaar met verkope.
Skougangers het ’n fees gevier saam met die kunstenaars. Du Plessis het verduidelik dat die skoukommittee positiewe terugvoer vanaf die hoofborg, Bayer Bayer gekry het.
“Die springkasteel was ’n wenner vir skougangers jonk en oud en het vermaak vir ure virseker.”
Al die werk wat deur AfriForum op die terrein gedoen was in aanleiding tot die skou het gesorg vir ’n pragtige terrein. Die skoukommittee het al reeds begin gesels oor die Standerton Landbouskou 2026 en beplan vir nog ’n lekker fees.
Judith Kea dans die Samsarra. Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Judith Kea tree op.
Ultimate Joe was die perd van die skou.
Foto: Zell-Mari de Jager
Pedrie Maritz op die Big bounce springkasteel.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Pedrie Maritz speel op die springkasteel.
André du Plessis het die skou amptelik met sjampanje geopen.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: André du Plessis spuit sjampanje.
Uitvoerende burgemeester, Sifiso Mngemezulu, saam met André du Plessis en Wilma Venter by die amptelike skou opening.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Sifiso Mngemezulu, André du Plessis en Wilma Venter.
Franja du Plessis het die gehoor vermaak.
Foto: Zell-Mari de Jager
Beskrywing: Franja du Plessis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.