Local newsNewsSchools

Standerton Hoërskool kroon hul mooistes

Thabang Kgopa en Adily Volschenk is Meneer en Mejuffrou SHS vir 2025.

Thabang Kgopa en Adily Volschenk is verlede week as vanjaar se Meneer en Mejuffrou SHS aangewys.

Hoërskool Standerton het op 15 Oktober die kroningsaand gehou. Die leerders het omtrent ’n skouspel vir die skare opgesit soos hulle vir die kroon meegeding het.

Driaan van Niekerk het die prys gewen vir Meneer Persoonlikheid. Lenmari Jordaan is as Mejuffrou Persoonlikheid aangewys.

Frans Marx en Somenique Els is as Meneer en Mejuffrou Fotogenies gekroon. Jayden Pretorius het die titel van tweede prins huis toe geneem.

Mieke Uys was die tweede prinses. Ronaldo Faccondini was gekroon as die eerste prins en Gugu Mbonani was die eerste prinses.


Adily Volschenk en Thabang Kgopa is Mejuffrou en Meneer SHS vir 2025. Foto: Cornél du Toit

Adily Volschenk is as Mejuffrou SHS gekroon. Foto: Cornél du Toit

boy with sash
Thabang Kgopa is Meneer SHS. Foto: Cornél du Toit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button