Morgenzon Landbou Akademie skitter by jeugskou
Monique Engelbrecht is in die algehele eerste plek aangewys.
Morgenzon Landbou Akademie het vanjaar weer gespog by die nasionale Jeugskou wat van 5 tot 8 Oktober op Upington gehou is.
Die leerders het presteer in alle afdelings, insluitend perde, afslaers, kulinêre kuns, vleisbeeste, wolskape, pluimvee en fotografie.
Die volgende leerders, wat uitsonderlike prestasies behaal het, is Marnel Swanepoel (derde), Benjamin Stoltz (vierde), EG Jansen van Rensburg (vyfde), Lika Barnard (vierde), Leah Barnard (vyfde), Marlouise Jansen van Rensburg (tweede) en Monique Engelbrecht (eerste).
Monique Engelbrecht is in die algehele eerste plek aangewys. Marnel Swanepoel en Marlouise Jansen van Rensburg in die algehele tweede plek geëindig.






