Local newsNews

VLU se Kaalspruit-tak vergader op Standerton

Die vroue het eer oor slaap geleer.

Die vroue van die VLU Kaalspruit-tak het op 21 Oktober by die Nederduits Gereformeerde kerksaal hul maandelikse vergadering gehou.

Om die vergadering af te skop, het die vroue gesels oor die konferensie wat hulle onlangs bygewoon het. Roz du Preez het by hierdie konferensie 86% behaal vir haar blommerangskikking met die tema konflik.

Die eerste plek was aan haar toegeken vir haar rangskikking van ramshorings en doringtakke wat die tema perfek uitgebeeld het.

Hulle het hierna nuttige slaapwenke gedeel.

Die vroue het saamgestem dat ’n gesonde dieet en gereelde waterinname grootliks bydra tot ’n goeie slaappatroon.


vroue met voorskote
Die VLU Kaalspruit-tak het by hierdie vergadering voorskote gedra wat hul stokperdjies uitbeeld.
Foto: Zell-Mari de Jager

Feite oor slaap:
• ’n 20-minuut-slapie deur die dag is voordelig vir jou slaappatroon.

• Dit is belangrik om in ’n kamer met goeie ventilasie te slaap.

• Jy kan tot en met 30 minute deur die dag slaap of in die vroeë oggend sonder om jou slaappatroon te versteur.

Marinda Visser het vir die lede gewys hoe om boekmerke met plastiekdiamantjies te maak. Die gasvrou vir die oggend was Elza Language.

Die vroue kon gesels oor hul lief en leed terwyl hulle heerlike happies geniet het. Die vergadering is afgesluit met die hartseer nuus dat Marietjie Swart van plan is om af te tree as takvoorsitter. Sy het op 1 Augustus ’n beroerte gehad, en die linkerkant van haar liggaam is verlam.




ALSO CHECK: Leandra SAPS warn: Beware bogus traffic officers on R50

ALSO CHECK: Vandalism delays repairs at Extension 15 water reservoir in eMbalenhle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button