Stap 5: Plaas jou teëlstukkies waar jy wil om mooi patrone te vorm en pak met grout, hoe dikker die teëlstukkies, hoe dikker moet jou grout wees. Foto: Zell-Mari de Jager
Die VLU Vaalrivier-tak het op 21 Oktober by Kerneels Soet en S’t’out koffiewinkel bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering.
Die byeenkoms is afgeskop met die voorlesing van die vorige vergadering se notule.
Die vroue het gesels oor die talle aktiwiteite by die onlangse kongres en oor die kuier- en kletsdag wat aangebied is.
Monica Swart het op die kongres ’n tweede plek behaal vir haar blokkiesrok. Die vroue het wenke gedeel om tuisgemaakte blatjang te maak.
Volgens Gerda Büter, distrikvoorsitter, moet blatjang vir twee maande staan om ’n ryker smaak te verkry. Die gasvrou vir hierdie vergadering was Lenie Beukes.
Sy het ook die demonstrasie vir hierdie vergadering gelei. Die vroue het geleer hoe om trapstene vir die tuin te maak en het selfs een versier wat in Beukes se tuin neergelê is as ’n herinnering aan die VLU-vroue se liefde en omgee.
Die eindproduk was ná die vergadering na Lenie Beukes se huis geneem, waar hy ’n permanente plek in haar tuin verdien het. Foto: Zell-Mari de Jager
Stap 1: Meng jou voorafgemaakte sementmengsel met ’n verdeling van een deel grond, een deel sement en een deel klip met water, roer goed deur. Foto: Zell-Mari de Jager
Stap 2: Sit jou mengsel in ’n vorm, enige koekblik, bak of selfs deksel sal werk. Wenk: Gebruik gewone skoolboek plastiek sodat jou mengsel nie aan die bak vassit nie. Foto: Zell-Mari de Jager
Stap 3: Gooi die mengsel in twee dele, met ’n gaasdraad intussen die lae vir strukturele integriteit. Foto: Zell-Mari de Jager
Stap 4: Breek ’n bord of koppie met mooi patrone. Wenk: Sit ’n handdoek oor die bord om beserings te voorkom. Foto: Zell-Mari de Jager
Die Vaalriviervroue versier hul eie trapsteen. Foto: Zell-Mari de Jager
Die VLU-lede versier hul eie trapsteen. Foto: Zell-Mari de Jager
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.