Local newsNewsSchools

Braaf die Boerboel kuier op Standerton

Die onderwysers het ’n duisendpoot gebou met die kos wat ingesamel is.

Laerskool Kalie de Haas, Laerskool Standerton en Haas Das het hande gevat met Solidariteit Helpende Hand om nie-bederfbare kos in te samel.

Volgens Jolene Greaves, adjunkhoof van Laerskool Kalie de Haas, het Braaf die Boerboel by die skool gekuier.

Braaf het vir die leerders in grade R tot drie opgetree en belangrike lewenslesse met hulle gedeel, soos hoe braaf dit is om foute te erken.

Die leerders het ’n nuwe dans geleer op die liedjie Braaf soos ’n Boerboel van Jan Jan Jan. Die onderwysers het ’n duisendpoot gebou met die kos wat ingesamel is. Dié reuse-duisendpoot is Saartjie gedoop.

Die kos wat die skole ingesamel het, is na Solidariteit Helpende Hand oorhandig, waar dit verdeel sal word tussen gesinne in nood.

Die skool wat die langste duisendpoot gebou het, het ’n wisseltrofee ontvang. Ná sy kuier by die skole, het Braaf die dorp ingevaar en by talle besighede gaan draai.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button