Local newsNews

Digter van Secunda stel tweede digbundel bekend

Gerrie Keen omskep sy gedigte in liedere met kunsmatige intelligensie.

Gerrie Keen het onlangs sy tweede digbundel, Fluisteringe van die Hart, wat Afrikaanse en Engelse gedigte bevat, vrygestel.

Sy eerste digbundel, Reis deur my Gedagtes, is in 2021 vrygestel. Van sy gedigte verskyn ook in die boek Inspraak 4 Ink Skryf in Afrikaans, wat in 2023 gepubliseer is.

Keen werk op die myn en woon al 18 jaar op Secunda. Hy skryf al sedert sy kinderdae gedigte en het nooit daarvan gehou wanneer sy pa hom saamgeneem het om te gaan visvang nie.

Hy het eerder langs die viswaters gelê en ’n boek gelees. Keen het ook sy eerste kinderboek, Max and Lilly’s Counting Adventure, verlede jaar in Amerika vrygestel.

Dit is goedkoper om ’n boek in Amerika uit te gee as in Suid-Afrika. Keen het ook ’n nuwe stokperdjie ontdek om sy gedigte in musiek om te sit.

“Ek het gewonder hoe dit sou klink as ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar my gedigte toonset en dit dan sing,” het Keen vertel.

Hy het egter na verskeie vervaardigers in Suid-Afrika en ook in Amerika uitgereik, maar niemand wou hom help nie.

Toe het hy besluit om self sy gedigte deur middel van kunsmatige intelligensie (KI) in liedere te omskep.

Dié liedere is beskikbaar op sy YouTube kanaal, Gerrie Keen, op Spotify, Apple Music, en Deezer. Van Keen se musiek is al op die radiostasie Bosveld Stereo gespeel.

In sy vrye tyd geniet hy dit om te lees, te skryf, Sudoku te doen, of om homself te leer hoe om programmering te doen en toeps te ontwerp.

Hy werk reeds aan sy eerste boek wat nie gedigte sal bevat nie, maar oor mensebestuur handel.

Om Keen se digbundels of kinderboek te koop, besoek Bargan Books in Secunda Mall of bestel een by Malherbe Uitgewers se webwerf by https://www.malherbepublishers.co.za/ of besoek Keen se Facebook-blad by Gerrie Keen Published Author.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button