Local newsMunicipalNews

AfriForum op Secunda sny gras en hou buurt netjies

Inwoners is dankbaar vir organisasie se hulp.

AfriForum op Secunda se plaaslike buurtwagspan het gedurende September meer as 26 000m² se oppervlakte opgeruim.

Die buurtwagspan het lang, digte gras in die groot groenstrook by Jack Hindonstraar gesny en bymekaar gemaak en ook bome gesnoei.

Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Trichardt-, Evander-, Kinross- en Secunda-takke meen die lang gras in verskeie groenstroke op Secunda en bome wat min tot geen snoeiwerk van Govan Mbeki Munisipaliteit ontvang, is een van die hoofredes dat misdadigers so maklik kan rondbeweeg en wegkruip.

“Vandat die buurtwagspan gestig is, het ons reeds groot gebiede opgeruim wat ’n duidelike verskil maak,” het du Plessis gesê.

“Inwoners hou ook gereeld by ons stil om dankie te sê want die werk wat ons doen maak die buurte netjies en veiliger.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button