Local newsNews

Secunda se Elsa Blom weer by gemeenskapsprojek betrokke

Ondersteun vrou om Kerspartytjie vir behoeftiges aan te bied.

Elsa Blom (71), wat al 48 jaar op Secunda woon en al vir 30 jaar by die House of Mercy-projek betrokke was, het sowat twee jaar terug die tuig neergelê.

Dié projek behels verskeie kerke op die dorp en op eMbalenhle wat uitreik na behoeftiges en kos uitdeel, vir kinders Sondagskoollesse aanbied en vir vroue vaardighede leer.

Blom kan egter nie stilsit nie en het onlangs weer by ’n projek by die Holfontein-informele nedersetting betrokke geraak.

Sy het mense wat op Holfontein woon, ontmoet en hulle het haar gevra om te help om by ’n nuwe gemeente vir die kinders jeugdae aan te bied.

Blom leer die jeug elke Saterdag van die Here en probeer altyd vir hulle lekkers of soms kos saamneem.

Haar begeerte is om in November vir hulle Kerspakkies op te maak en ’n Kerspartytjie te hou.

Sy is op soek na borge vir koeldrank en lekkergoed vir dié Kerspartytjie en beplan om self die kolwyntjies te bak.

Blom help tans haar kleindogter, Monchinique Pelser (22), wat koeke en enige gebak doen en verkoop, daagliks om te bak.

Belangstellendes wat Blom wil ondersteun en enigiets, van kos tot lekkergoed, wil gee vir die Kerspartytjie, is welkom.

“Die gemeenskap daar is arm, hulle het bietjie minder,” het Blom gesê.

Sy geniet dit om meer te doen as net kos of lekkers te gee. Sy leer die kinders ken enhet interaksie met hulle.

Blom het vir jare as ontvangsdame in ’n ortodontis- en spesialistepraktyk op Secunda gewerk totdat sy afgetree het.

In haar vrye tyd geniet sy dit om handwerk te doen, veral om te hekel.

Sy geniet dit ook om masjienwerk of mosaïekwerk te doen, of enigiets wat haar hande kan vind om te doen, of om te lees.

As jy by Blom se projek betrokke wil raak of haar wil ondersteun, skakel haar by 082 904 9469.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button