Local newsNews
AGS vier Fortissimo Koorfees in Standerton
Vier skole se kore het die aand deelgeneem.
Die AGS Ekklesia gemeente het op 22 Oktober die Fortissimo Koorfees gevier, waaraan vier skole deelgeneem het. Laerskool Standerton se juniorkoor het die aand afgeskop met pragtige harmonieë.
Die Jeugkrag junior- en seniorkore het albei opgetree. Ná ’n kort pouse het Standerton Primary School se seniorkoor hul plekke op die verhoog ingeneem, gevolg deur Laerskool Standerton se seniorkoor.
Die aand was gekroon deur die koor van Standerton Hoërskool. Volgens Marie Jordaan, koorafrigter by SHS, was die aand ’n sukses en ’n gepaste afsluiting vir die jaar.
Die skool se o16-geesgroep het ook aan die aand deelgeneem en beslis die gehoor uit hul stoele gekry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



