Local newsNews

NG Wes op Standerton neem basaargangers reg oor die wêreld

Die hoogtepunt van die dag was die Disneyland-stalletjie, waar gangers hul vriende kon afkoel met waterbalonne.

Standerton NG Wes hou jaarlikse Reis deur die Wêreld-kerkbasaar.

Die Standerton NG Wes-gemeente het op 25 Oktober hul jaarlikse kerkbasaar gehou. Hierdie jaar het elke stalletjie ’n verskillende land verteenwoordig.

Basaargangers is deur verskeie kos- en vermaakstalletjies geneem in ’n vinnige reis regoor die wêreld. Vir vermaak kon hulle deur antieke voertuie stap en aan talle familiegerigte kompetisies deelneem.


Die disneyland stalletjie het pragtige uitstallings van Moana en Tinkerbell ingesluit.
Karmi Nel, Marietjie Nel, Thea Kleinhans en Clarissa Gerber het die Disneyland-stalletjie beman. Foto: Zell-Mari de Jager

Die hoogtepunt van die dag was die Disneyland-stalletjie, waar gangers hul vriende kon afkoel met waterbalonne. Ds. Tiaan Victor het ook aan die speletjie deelgeneem, en gemeentelede het beurtelings hul dominee met yskoue water natgespuit.

Basaargangers het hulself tegoed gedoen aan al die kosopsies, insluitend sosatie- en boereworsrolle, verskeie basaarpoedings en lekkernye wat die kinders in ’n “suikerstormloop” ingestuur het.

Die dag was ’n sukses, en basaargangers het uitgeput, maar tevrede, van hul “reis om die wêreld” terug huis toe gekeer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button