Local newsNews

Bethal VLU leer van koekversierkuns

Belangstellendes is welkom om volgende jaar by Bethal VLU aan te sluit.

Vroue van die VLU se Bethal-tak het op 21 Oktober vergader, waar bakker Elmarie Greyling die vroue toegespreek het. Sy het haar kennis van botterversierkuns met die lede gedeel.

Greyling se passie vir koekbak en -versiering het al tot verskeie artikels in bruidstydskrifte gelei. Volgens Greyling lê die geheim in die beweging van die pols terwyl ’n mens koeke versier.

Die vroue het self ook hul hande gewaag met ’n tweekleurversiersak om met ’n roosvormspuitstuk kolwyntjies te versier.

Greyling en een van haar 12-jarige studente, Marinel Botha, het die lede gehelp en hulle verseker dat dit met elke probeerslag beter lyk.

Die VLU Bethal-tak se volgende vergadering vind eers volgende jaar plaas. Belangstellendes is welkom om vir Lynette Posthumus by 072 203 6230 te skakel vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button