Local newsNews

Boanerges sluit bekendes op Standerton toe vir liefdadigheid

“Borgtog”-geld was ingesamel om met Iwan Dippenaar se operasie-uitgawes te help.

Die Teksa Boanerges Motorfietsgroep het op 8 November ’n Jail ’n Bail-dag by Kasselman Sekuriteitsdienste aangebied, waar talle rolspelers in Standerton “toegesluit” was vir die dag.

“Borgtog”-geld is ingesamel ten bate van Iwan Dippenaar se operasie-uitgawes.

Dippenaar is serebraal gestremd en aan ’n rolstoel gekluiser. Weens jare se rolstoelgebruik het sy rugraat 75° skeef gegroei.

Volgens Nash Dippenaar, Iwan se pa en president van Teksa Boanerges, het Iwan se operasie op 4 November goed verloop en hy is reeds uit die intensiewe sorgeenheid.

Talle bekende gesigte was agter tralies geplaas, insluitend Corné Stoltz Wyk 4-raadslid, Flip Jordaan, Janus de Wet en Coert Henrico.
Sowat R13 000 is dié dag ingesamel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button