Local newsNews

VLU se Vaalrivier-tak op Standerton groet vir die jaar

Die vroue het Kersgeskenksakkies op hul laaste vergadering vir 2025 gemaak.

Die VLU Vaalrivier-tak het op 11 November by die huis van Belinda Wallis vir die laaste keer vanjaar vergader. Die vroue het sake bespreek terwyl hulle die pragtige uitsig oor die Vaalrivier geniet het.

Nadat die vroue lief en leed deurgegaan het, het Monica Swart die vorige vergadering se notule bespreek. Gerda Büter het die vroue vertel van kompetisie-artikels vir volgende jaar se konferensie, en almal het opgewonde begin gesels oor patrone en planne.

“Aktiewe VLU-lede ontwikkel nie maklik Alzheimer se siekte nie, omdat hulle breine aanhoudend ontwikkel,” het Büter gesê.

Die vroue het die vergadering afgesluit met ’n kreatiewe aktiwiteit, waar hulle Kersgeskenksakkies versier het. Belinda Wallis was die gasvrou vir die dag en het vir die vroue peuselhappies en kaaskoek met vars vrugte bedien.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button