Local newsNews

VLU Kaalspruit-lede op Standerton groet vir die Kersseisoen

Roz du Preez het vir die vroue verduidelik hoe om ’n boom te plant.

Die vroue van die VLU Kaalspruit-tak het op 18 November hul laaste vergadering vir die jaar by die huis van Roz du Preez gehou.
Die vroue het die vergadering afgeskop met ’n vinnige geselsie oor lief en leed. Hulle het die vergaderingprogram vir 2026 uitgewerk en het gesels oor die komende konferensies en kongresse.
Ná die vergadering afgehandel was, het die vroue gesellig verkeer en met proehappies wat almal bygedra het.
Du Preez het vir die vroue verduidelik hoe om ’n boom te plant.
Hoewel daar baie maniere is om ’n boom te plant, is daar steeds ’n verkeerde manier om dit te doen.
Volgens Du Preez is dit belangrik om by die kwekery uit te vind watter soort boom dit is en waar dit geplant moet word.
Die gat waarin jy jou boom wil plant, moet vierkantig wees en die bogrond moet van die ondergrond geskei word.
“Die ondergrond het meer voedingswaarde as die bogrond,” het Du Preez verduidelik.
Voor jy jou boom in die grond sit, moet die wortels liggies losgeskud word en die ondergrond moet met beenmeel gemeng word.
Daarna kan jy die boom in die gat sit, met grond bedek en water gee.
“Oor 10 jaar sal jy kan sien of jou boom gegroei het,” het Du Preez afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button