Local newsNews

Fotoklub op Secunda beoordeel beste werk vir November

Belangstellendes kan in 2026 weer by klub aansluit.

Die Hoëveld Fotografieklub het op 7 November hul laaste byeenkoms vir die jaar gehad. Francois Roux was die beoordelaar en gasspreker.

Die vooropgestelede onderwerp vir November was ‘hot stuff’ en die wenner was Yolandi Geyser met Forged by Fire. Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, asook vir Still Waters, in die natuurafdeling.

Louis van der Walt se foto, Inyoka Stream, was die wenner onder die senior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Lorraine Botha se foto, Eland at Waterhole, was die wenner onder die junior fotograwe en sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is Peter Winnan vir Lion Cub Stalking in die natuurafdeling en Encee van Huyssteen vir Upwards in die natuurvoëlsafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se byeenkomste sal weer in Januarie volgende jaar afskop en belangstellendes is welkom om dan by hulle aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 755 2767.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button