Local newsNews

Standertonners geniet Kersmark

Riaan Lategan van Hande van Hoop is dankbaar vir dié kans om geld in te samel ten bate van behoeftiges in die gemeenskap.

Verblyden Slaghuis het op 30 November hul jaarlikse Kersmark met die hulp van Hande van Hoop gevier. Daar was talle heerlike eethappies, geskenke om van te kies en keur en lekker vermaak om markgangers vir ure besig te hou.

Volgens André du Plessis was die dag ’n sukses en volgende jaar se Kersmark beoog om selfs nog groter en meer pret te wees.

Riaan Lategan van Hande van Hoop was dankbaar vir hierdie geleentheid om meer geld in te samel ten bate van behoeftiges in die gemeenskap.

“Die Here seën ons baie goed met sulke geleenthede en ons is dankbaar vir ’n gemeenskap wat in ons belê en ondersteun,” het Lategan gesê.

Elke worsbroodjie wat verkoop is, het ’n aandeel gehad daarin om iemand anders se lewe te verander. Hoewel die reën gedreig het, was die dag ’n sukses.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button