Local newsNews

Kerk op Standerton tree die Kersseisoen in met VerLIGting

Die gehoor het weggestap met nuwe hoop en ’n gevoel van samesyn.

Die Replika-gemeente het op 30 November die feesseisoen verwelkom met hul Kersspel, VerLIGting, waar gemeentelede van elke ouderdomsgroep die verhoog betree het om hul boodskap met liefde, humor en emosie aan die gehoor oor te dra.

Die toneelspelers en orkes, wat agter die skerms pragtige melodieë lewendig gemaak het, het die ware betekenis van Kersfees uitgebeeld.

Die gehoor het weggestap met nuwe hoop en ’n gevoel van samesyn. Die beligting, tonele, vreugdevolle musiek en puik optredes het hierdie ’n aand vir die boeke gemaak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button