Local newsNews

Standerton Bikers hou gholfdag vir minder bevoorregtes

Vir meer inligting, skakel Trudie by 072 773 0500.

Die Standerton Bikers Angels Foundation (SBAF) sal op 14 Februarie ’n gholfdag by die Standerton Buiteklub aanbied om vir vyf minderbevoorregte gesinne met kinders in die Standerton en Vrede Kinder- en Jeugsorgsentrum noodsaaklike benodighede te verskaf.

Die SBAF vra borge aan van plaaslike sakelui en individue in die gemeenskap.

Alle geld wat met die gholfdag ingesamel word, sal gesinne in hul tyd van onsekerheid en nood help om waardigheid te behou en dieselfde noodsaaklikhede wat ons elke dag as vanselfsprekend aanvaar, kan kry.

Ondersteun die SBAF in hierdie doelwit en versprei liefde of Valentynsdag deur ’n skenking te maak.

Gholfspelers kan teen R300 elk vir die gholfdag, wat op ’n IPS-formaat gespeel gaan word, inskryf.

Vir meer inligting, skakel Trudie by 072 773 0500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button