Local newsLocal sportNews

Vriende bied gholfdag in Evander aan ter nagedagtenis van Martin Brown

Opbrengs van gholfdag gaan vir liefdadigheid geskenk word.

Die Vrydag is my Dag-gholfdag vind op 13 Maart by die Walkerpark Gholfklub plaas. Dié dag, wat ook as die Martin Toerien Brown-dag bekend sal staan, word gehou ter nagedagtenis van Martin Brown, wat verlede jaar in ’n vliegtuigongeluk in KwaZulu-Natal dood is.

Hoewel Brown nie self gholf gespeel het nie, het hy gereeld op Vrydae saam met sy vriende wat gholf speel, gekuier. Hulle onthou hoe Brown enige dag van die week gesê het: “Vrydag is my dag”.

Dié sosiale gholfgeleentheid op Vrydae, het so gegroei dat daar soms tot 20 gholfspelers was wat saam met Brown en sy vriende gekuier het.

Een van die organiseerders van dié gholfdag, Dewalt Stander, het gesê Brown het baie vir liefdadigheid gegee en dinge agter die skerms gedoen waarvan min mense geweet het.

“Hy het ’n mooi hart gehad en dit is hoekom ons dié tradisie met die gholfdag wil laat voortgaan,” het Stander gesê.

Die bekende sosiale media persoonlikhede, Qman en Borrie, gaan die seremoniemeesters by dié gholfdag wees.

Inskrywingsgeld is R4 000 per vierbal en sluit twee gholfkarretjies, ’n welkomgeskenk en ’n ete in. Die opbrengs sal vir liefdadigheid geskenk word.

Vir meer inligting, of om in te skryf, skakel 082 467 1600.



LEES OOK: Family left shattered after dog shooting in Meyerville, Standerton

LEES OOK: Municipality cuts power of school in eMbalenhle over government department’s arrears

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button