Local newsLocal sportNews

Ringbalspelers meet kragte op Secunda

Ondernemings kan spanne inskryf vir ope-dae.

Die Sasol Ringbalklub het op 31 Januarie ’n ope-dag, Ringbal Retro, by die Sasol Ontspanningsklub gehou. Die doel van dié dag was om meer mense te kry om by die ringbalklub aan te sluit.

Twee spanne het ingeskryf en mekaar die stryd aangesê. Broken het beide hul wedstryde teen die Karate Kallies van MCR gewen. Die wentellings was 16-8 en 28-14.

Die Karate Kallies het ook ’n goue medalje gekry vir die span met die beste gees en uithouvermoeë. Hulle het alle ander ondernemings in die omgewing uitgedaag om maandeliks teen hulle te kom speel.

Belangstellendes wat by die ringbalklub wil aansluit of ondernemings wat wil deelneem, kan Ansa Potgieter skakel by 082 497 8865.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button