Local newsNews
Die Brug-deelnemer stel resepteboek bekend op Secunda
Vroue geniet Hanri Ehlers se boekbekendstelling by Die Boekspens.
Delmas-inwoner, Hanri Ehlers, het op 23 Januarie haar eerste boek, Hanri Resepteboek, by Die Boekspens op Secunda bekendgestel.
Altesaam 23 vroue het op Die Boekspens se stoep gekuier en dié bekendstelling geniet en die geleentheid gehad om Ehlers, wat ook verlede jaar op die KykNet televisiereeks, Die Brug, te sien was, te ontmoet.
Daar is drie geregte, gemaak van die resepte vanuit Ehlers se splinternuwe boek, voorgesit vir die vroue.
Haar resepteboek is te koop by Die Boekspens.
LEES OOK: Hanri Ehlers van Delmas hou kykers voor kassie vasgenael
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



