Local newsNews

Prediker nooi mense na gebedsoggend op Charl Cilliers

Almal is welkom om saam te om bid.

Die Gemeente Charl Cilliers bied op 28 Februarie ’n gebedsoggend aan waartydens mense gaan bid vir geestelike herlewing en vir Suid-Afrika.

Dr Bennie Marais wat saam met ‘n groep mans die dag reël, het gesê om herlewing te laat gebeur, is daar drie dinge nodig; gebed, sang en getuienis.

Verskeie mense gaan die geleentheid kry om op dié dag hul getuienis te lewer en enigiemand van enige kerk is welkom.

Die gebeure van dié dag gaan ook lewendig op die internet uitgesaai word en daar is reeds verskeie kerke vanaf die Vrystaat en die Wes-Kaap wat gaan inskakel en saam bid.


Dr Bennie Marais. Foto: Verskaf

Marais se idee met dié dag is om mense bymekaar te kry en ’n geestelike atmosfeer te skep.

“Geestelike herlewing kan nie plaasvind sonder die Heilige Gees nie,” het hy gesê.

“’n Mens moet jouself oopstel vir die werk van die Heilige Gees. Herlewing begin by myself. Kom bid saam vir ons land.”

Marais gaan op Esegiël 37 in die Bybel fokus wat handel oor die droë bene wat lewend geword het.

Die gebedsoggend begin om 08:00 en sal tot 10:30 duur. Vir meer inligting, skakel Marais by 076 913 4861.



LEES OOK: Tiaan Gildenhuys besoek Trichardt

LEES OOK: Lekwa launches men’s forum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button