Tiaan Gildenhuys besoek Trichardt
Belangstellendes is welkom om die naweek by te woon.
Die prediker Tiaan Gildenhuys besoek River of Love Ministries, van 20 tot 22 Februarie. Dié naweek skop op 20 Februarie af met Gildenhuys se eerste sessie waartydens hy sal praat oor ‘Die Dringende Uitnodiging’ volgens Jesaja 55.
Dit begin om 18:00. Op 21 Februarie skop die dag se verrigtinge om 08:30 af met koffie en beskuit. Gildenhuys sal dan praat oor ‘Waarom Verskil die Bybel-vertalings?’ en ‘Christene, wees versigtig vir AI’.
Die naweek word op 22 Februarie afgesluit met Gildenhuys se onderwerp ‘God se puzzle’. Belangstellendes is welkom om dié naweek wat in die Terra Nova Aftree-oord se saal gehou word, by te woon.
Om te bespreek of vir meer inligting, skakel Amanda Haywood by 082 446 0013.

LEES OOK: Azania residents continue to use makeshift bridge after pleas to GMM are ignored
LEES OOK: Laerskool Kalie de Haas is hosting a fishing day in Standerton



