Local newsNews

AfriForum Buurtwagspan hou Secunda skoon

Vrywilligers by organisasie laat nie gras onder hul voete groei nie.

Die buurtwagspan van AfriForum se Teks-tak het nie gras onder hul voete laat groei nie en reeds vroeg in die nuwe jaar ingespring om gras te sny.

“In ’n poging om betroubare dienste aan die gemeenskap te lewer, het ons op verskeie plekke op Secunda gras gesny,” het Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak, gesê.

Dié buurtwagspan het gedurende Januarie alteaam 2.46 hektaar se gras gesny.

Hulle het by die Davieshof-sentrum begin grassny en die terrein skoongemaak en toe met hul skoonmaakprojek gevorder na dele van Nelson Mandela-rylaan.

“In sekere groenstroke en dele was die gras heuphoogte en motoriste, voetgangers en inwoners wie se huise aan die veld grens, het onveilig gevoel,” het du Plessis gesê.

AfriForum se buurtwagspan fokus daarop om plaaslike diensleweringsuitdagings betyds en doeltreffend die hoof te bied.

Sedert 2025 het dié span reeds 35 hektaar se gras gesny en 108 vragte gras en vullis vanuit die groenstroke verwyder.

“Ons span dra die gemeenskap se belange op die hart en is ingestel op inwoners se behoeftes.

“As ’n toegewyde gemeenskapsorganisasie, doen ons ’n beroep op die gemeenskap om met ons hande te neem sodat ons nog meer kan doen.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button