Local newsNews

Helpende Hand op Bethal skop jaar af

Belangstellendes is welkom om by tak aan te sluit en betrokke te raak.

Helpende Hand se Bethal-tak het onlangs ’n nuwe bestuur gekies. Dié bestuurspan bestaan uit Susan Beeslaar (voorsitter), Wiekie Swartz (ondervoorsitter) en Nanine Smit (sekretaresse).

Dié tak beplan reeds ’n paar interessante projekte vir vanjaar en hul tema vir die jaar is ‘Welstand vir ons Gemeenskap’.

Vroeg in Februarie reeds het Helpende Hand se gelukbringer, Braaf die Boerboel, die kleuterskole besoek en oor boeliegedrag gepraat.

Die Helpende Hand-tak op Bethal beplan ’n melktertkompetisie op 27 Februarie ter viering van nasionale Melktertdag.

Melkterte gaan op dié dag ook by die twee ouetehuise op Bethal, Silwerjare en Palmoord, versprei word.

Helpende Hand se volgende projek, die Beginners Naaldwerkprojek, skop op 4 Maart af waartydens vroue sal kan leer hoe hul naaldwerkmasjiene werk en ’n inkopiesak kan maak.

Belangstellendes is welkom om by die Helpende Hand-tak op Bethal aan te sluit en betrokke te raak. Vir meer inligting, skakel Beeslaar by 082 825 3046.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button