Secunda-fotograwe skryf beste foto’s in
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 6 Maart by te woon.
Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 6 Februarie hul maandelikse byeenkoms gehad. Peter Cavanagh van die Midlens Fotoklub was die beoordelaar vir die aand.
James Harris se foto, Wish I can Turn Back the Time was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling. Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete hiervoor, asook vir Racing in die pikturale afdeling ontvang.
Peter Winnan se Flamingo Landing in die natuurvoëlsafdeling, was die beste onder die senior fotograwe. Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook vir Lionesses in die tweekleurige foto-afdeling ontvang.
Onder die junior fotograwe was dit Edmund Hatting wat die beste gevaar het met Grootneus in die natuurvoëlsafdeling. Hy het ook ‘n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook vir Maricosuikerbekkie in dieselfde afdeling ontvang.
Ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is:
• Yolandi Geyser vir Gentle Presence in die tweekleurige foto-afdeling, Pollen Delivery, in die natuurafdeling en At the Heart of Bloom en Ancient Resolve, beide in die pikturale afdeling.

• Dr Leon Pelser vir The Barn Girl in die tweekleurige foto-afdeling, Painful Concentration in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Science Proff en Out for Revenge, beide in die pikturale afdeling.
• Johan Viljoen se Jammy in die natuurafdeling, I am Open in die pikturale afdeling en Feed my Lungs in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
• Lorraine Botha vir Dragon in die pikturale afdeling.
• Adri Kirsten vir Vasbyt met Vreugde in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 6 Maart om 18:00 vir 18:00 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel Louis van der Walt by 072 155 2767.










