VLU-vroue ontvang pryse by Hoëveld Streekkonferensie op Evander
Maryna van Emmenis van die Vaalrivier-tak op Standerton, is as die Hoëveldvrou van die Jaar aangewys.
VLU-vroue van verskeie takke het op 26 Februarie vir die VLU Hoëveld Streekkonferensie by die Evanderklub bymekaar gekom.
Jenny van Rheede van Oudshoorn is as die nuwe visie-voorsitter van die Hoëveld VLU-streek verkies terwyl Gerda Büter steeds die voorsitter vir die volgende jaar sal wees.
Vroue is beloon vir hul harde werk en van die VLU-lede het verskeie pryse ingeryg. Maryna van Emmenis van die Vaalrivier-tak op Standerton, is as die Hoëveldvrou van die Jaar aangewys.
Sy het ook in provinsiaal vir haar masjienwerk gewen. Monica Swart, ook van die Vaalrivier-tak het met die verdienstelikheidstrofee weggestap.
Swart het die afdelings vir streek en provinsiaal onderskeidelik gewen vir haar gebak en blomme in die beginnersafdeling; en tweede geëindig in streek vir haar lekkers en derde geëindig in provinsiaal vir haar skryfkuns en fotografie.

Sy is ook as die vrou met die meeste punte op ’n kongres en derde meeste punte op ’n konferensie aangewys en het algeheel derde op streekvlak en provinsiale vlak geëindig.
Chriszelda van Eck van die Secunda-tak het ’n spesiale prys vir haar skilderkuns in provinsiaal ontvang. Sy het ook ’n tweede plek in streek vir gebak gekry en ’n derde plek in provinsiaal vir haar handbreiwerk.
Die ander vroue wat goed gevaar het en pryse op provinsiale vlak asook streekvlak verwerf het, is:
• Tjoekie Nel van die Bethal-tak het ’n eerste plek in provinsiaal vir handborduurwerk gekry, ’n tweede plek in streek vir handbreiwerk en ’n derde plek in streek vir masjienwerk.
• Lenell le Roux van Secunda het eerste plekke in provinsiaal en streek vir haar handbreiwerk gekry en in provinsiaal vir haar hekelwerk en in streek vir haar handvlytwerk en lekkers. Sy het behoorlik uitgeblink en ook ’n tweede plek in provinsiaal vir haar handborduurwerk verower. Le Roux Sy is ook as die vrou met die tweede meeste punte op ’n konferensie aangewys. Sy het algeheel tweede op streek- en provinsiale vlak geëindig.
• Rosa Black, ook van die Secunda-tak, het ’n eerste plek in provinsiaal vir haar fotografie behaal; tweede plekke in provinsiaal en streek vir haar handvlytwerk en derde plekke in streek vir haar handborduurwerk, skilderkuns en in streek en provinsiaal se middelbare blomme-afdeling ook derde geëindig.
Sy is as die vrou met die meeste punte op ’n konferensie aangewys en as die provinsiale en streekskompetisiewenner gekroon.

• Jenny van Rheede van Oudtshoorn van die Bethal-tak het in provinsiaal die masjienborduurwerk en die skryfkunsafdeling gewen en tweede geëindig in die handvlytafdeling, terwyl sy op streekvlak tweede in die ope-blomme-afdeling geëindig het.
• Michelle van Wyk van die Skemerkelkie-tak het op provinsiale vlak die handvlytafdeling gewen en tweede in die skilderkunsafdeling geëindig asook in die handbreiwerkafdeling op streekvlak.
• Nellie Louw van die Bethal-tak het op streekvlak die handborduurwerkafdeling gewen.
• Maggie Maritz van die Grootvlei-tak die hekelwerkafdeling gewen het en derde geëindig het in die handvlytafdeling.
• Susan Beeslaar van die Bethal-tak het op streekvlak die masjienwerkafdeling asook die middelbare blomme-afdeling gewen.
• Gerda Büter van die Vaalrivier-tak het die preserveringsafdeling gewen.
• Roz du Preez en Lenie Beukes, beide van die Vaalrivier-tak het onderskeidelik die gevorderde- en ope-blomme-afdelings gewen.
Die ander vroue wat op provinsiale vlak presteer het, is Heloise McLaren van die Secunda-tak wat tweede in die masjienwerkafdeling geëindig het, Launa Jansen van Vuuren van die Kinross-tak wat derde in dieselfde afdeling was, Marietjie Swart van die Kaalspruit-tak wat derde in die hekelwerkafdeling was, Lynette Posthumus van die Bethal-tak wat tweede in die skryfkunsafdeling geëindig het en Annette Greyvenstein van die Bethal-tak wat tweede in die fotografie-afdeling was.
Op provinsiale vlak het Bets Grobler van die Grootvlei-tak tweede in die handboorduurwerk en derde in die hekelwerkafdeling geëindig, Marietjie Swart van die Kaalspruit-tak derde in die handbreiwerkafdeling, Erith Hall van die Kinross-tak tweede in die hekelwerkafdeling, Petro Kloppers van die Bethal-tak tweede in die masjienwerkafdeling en Lenie Grobler en Jo Vanie van Braakel van onderskeidelik die Bethal en Skemerkelkie tweede en derde in die preserveringsafdeling.
Magda van Niekerk van die Kinross-tak was derde in die afdeling vir gebak terwyl Sarita Haywood derde in die afdeling vir lekkers geëindig het en Tokkie Reinecke en Marieta Venter van onderskeidelik die Secunda en Bethal takke tweede en derde in die beginners blomme-afdeling.
Fiona Viljoen van die Kinross-tak het ’n tweede plek in die middelbare blomme-afdeling losgeslaan terwyl Magda Schwab en Sophie Hugo onderskeidelik van die Secunda- en Skemerkelkie-takke tweede en derde plekke in die gevorderde blomme-afdelings behaal het en Launa Jansen van Vuuren van die Kinross-tak ’n derde plek in die ope blomme-afdeling behaal het.
Die Secunda-tak is as die tak met die meeste punte aangewys, terwyl Bethal tweede geëindig het en Vaalrivier derde.




