Local newsNews

Broers stap weer ver in Secunda vir ’n goeie doel

Organiseerdes van Ligdraer-projek beplan om nuwe kinderhuis oop te maak.

Dit is weer tyd vir Secunda se jaarlike Ligdraer-projek, waartydens die Keyser-broers, Hendrik en Johan, gaan stap om geld vir liefdadigheid in te samel. Met vanjaar se projek beplan die organiseerder van Tree-Seeds Foundation, Liné de Vries, om hande te neem met die SAVF op Secunda en Adullam Sendingstasie tussen Evander en eMbalenhle om ’n kinderhuis op Adullam se perseel oop te maak.

Daar is reeds ’n koshuis op Adullam wat nie meer gebruik word nie en nou as die perfekte gebou vir die kinderhuis ingerig sal kan word. Air Liquide het reeds dié koshuisgebou opgeknap.

Volgens de Vries sal hulle 90 kinders kan huisves as die projek heeltemal klaar is. Die Keyser-broers begin op 16 Maart om 06:00 stap vanaf Redemptive koffiewinkel, en belangstellendes is welkom om die eerste 3 km om die eendedammetjie saam met die broers te stap. Hulle beplan om, vanaf 16 tot 20 Maart, 30 km daagliks te stap vir bewusmaking en om geld in te samel vir die projek.

Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat die Ligdraer-projek plaasvind, en met verlede jaar se insamelings is die  se babahuis opgeknap en mooi gemaak.


LEES OOK: GMM gets more flack for pollution of water sources


Volgens De Vries is dit juis weens haar betrokkendheid by die babahuis dat sy besef het daar is ’n behoefte vir ’n groter kinderhuis in die Secunda-omgewing. Verskeie rolspelers het reeds ingespring by Adullam om die droom van ’n kinderhuis ’n realiteit te maak, en dit behoort in Junie of Julie oop te maak.

“Ek besef daar sal altyd nood wees en dit sal altyd oorweldigend wees, maar ons moet doen wat ons kan,” het De Vries gesê. Hulle beplan om mettertyd permanent ’n maatskaplike werker asook ’n sielkundige op die perseel te hê om die kinders by te staan. Hulle wil ook ’n studiesaal, kombuis en sportgeriewe by die nuwe kinderhuis inrig.

Van die items wat die organiseerders van die Ligdraer-projek nog benodig vir die kinderhuis sluit in skoolklere, skoolskoene, skryfbehoeftes en boeke, nuwe gordyne, linne en beddegoed vir die kamers.
Vir meer inligting of om betrokke te raak, skakel De Vries by 082 786 0134.

As jy dié projek finansieël wil ondersteun, kan betalings gemaak word in die volgende rekening: Tree Seeds, FNB, rekeningnommer: 6311 9911 435, takkode: 250655, verwysing: Ligdraerprojek2026. Tree Seeds kan ook Artikel 18A-sertifikate uitreik aan ondernemings wat skenkings wil maak.



LEES OOK: Govan Mbeki Municipality clashes with Service Delivery Party over sewer repair credit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button