Local newsNews

Twee mans van Secunda stap 253km om geld vir nuwe kinderhuis in te samel

Belangstellendes kan steeds betrokke raak by projek.

Die twee broers, Hendrik en Johan Keyser het op 20 Maart, 253km voltooi as deel van die jaarlikse Ligdraer-projek. Die gemeenskap het vir die week, vandat die projek afgeskop het op 16 Maart tot 20 Maart, daagliks die eerste 3km saam met die broers aangedurf.

Die geld wat tydens dié projek ingesamel is, gaan aangewend word om ’n kinderhuis, wat 90 kinders sal kan inneem, by Adullam Sendingstasie- en Skool wat tussen Evander en eMbalenhle geleë is, oop te maak.

Liné de Vries van die Tree Seeds-stigting, wat die Ligdraer-projek asook verskeie ander welwillendheids-projekte behartig, het gesê sy het gesien daar is ’n behoefte op Secunda en omgewing, vir ’n kinderhuis wat vir weerlose kinders ’n veilige hawe kan bied.

Hulle benodig steeds linne, gordyne, skool-items en kos vir die kinderhuis. De Vries het almal wat reeds ’n bydrae gelewer het in enige vorm, asook ondernemings wat reeds betrokke is, bedank.

Belangstellendes en vrywilligers is welkom om betrokke te raak. Hulle benodig ook professionele mense soos kontrakteurs met bou-ondervinding of enige iemand wat boumateriaal wil skenk.

Die bankbesonderhede vir dié projek is:

TREE SEEDS, FNB Business Account, rekeningnommer 63119911435, takkode 250 655.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button