Local newsNews
VLU se Vaalrivier-tak kom op Standerton bymekaar
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 12 Mei by te woon.
Vroue van die VLU se Vaalrivier-tak op Standerton het op 7 April vergader en Monica Swart het vir die vroue gewys hoe om kortbrei in kleur te doen.
Van die lede het reeds ’n kursus in kortbrei gedoen, maar weer hul geheue verfris.
Die vroue het ook oor die streekonferensie wat in Februarie op Evander plaasgevind het, gepraat.
Die Vaalrivier-tak se volgende vergadering is op 12 Mei om 14:30.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Gerda Büter by 083 357 0719.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



