Local newsNews

Dominators Den op Secunda bied manne-oggend aan

Vir meer inligting, skakel Doyle by 076 834 7083.

Alle mans is welkom om op 6 Junie om 09:00 ’n manne-oggend by die gemengde gevegskunsklub op Secunda, Dominators Den, by te woon.

Die evangelis en oud-rugbyspeler, Kobus Kruger, gaan sy getuienis deel.

Kruger het vroeërjare professioneel vir die Haaie, Pumas, Leeus en Valke rugby gespeel.

Kruger het vertel hoe die Here sy lewe verander het van iemand wat gereeld baklei en daagliks gerook het, na iemand wat nou vir mense bid en die Evangelie verkondig
.
Hy en die eienaar van Dominators Den, Cedric Doyle, het mans genooi om die getuienis-oggend by te woon.

Dit vind plaas by Dominators Den wat geleë is by 6 Manie Maritzstraat op Secunda. Vir meer inligting, skakel Doyle by 076 834 7083.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button