Crime

Jong vrou naby Unicordam by Evander doodgery

Kêrel sien glo hoe motoris sy meisie doodry.

Michelle de Buys is in die vroeë oggendure op 26 Mei op die R580-pad tussen Secunda en Evander doodgery.

Volgens Sersant Zuki Mxhotyelwa, woordvoerder van Evander Polisie, het haar kêrel, Eljay Lamprecht, die ongeluk gesien gebeur.

Die paartjie het glo baklei en Lamprecht het gesê hy gaan De Buys by haar ma op Evander aflaai.

Hulle het na bewering erger begin baklei oppad na Evander waarna De Buys gesê het Lamprecht moet haar sommer langs die pad aflaai.

Volgens Mxhotyelwa, terwyl Lamprecht nog daar was, het ’n aankomende voertuig De Buys doodgery en weggejaag.

Lamprecht was glo te geskok om te sien watse voertuig dit was. Die polisie ondersoek steeds die voorval.
De Buys se profiel op Facebook bestaan nie meer nie. Lamprecht het op sy Facebook profiel ’n huldeblyk aan De Buys gebring en gesê:

“My lief, My lyf, My mooiste mooi my saxc kat (stet), en Tannie Chelly. Waar begin ek. My woorde is min en my trane loop oor jy was en is die beste gedeelte van my lewe gewees. My lig in die donker, my steunpilaar waar ek kan huil en afpak en net jy het my sagte kant geken.

“Ek voel leeg. Jy was en is die beste meisie vroulief waarvoor enige iemand kon wens en jy was die wonderlikste bonus-mamma vir my kiddies gewees. Hulle het jou amper meer lief as wat hulle vir pappa het. My lewe, my toekoms ek het dit net saam met jou gesien – al ons planne al ons lewensplanne.

“Jy is ‘n persoon wat enige iemand kon laat glimlag al is hulle af die dag en al wat jy nodig gehad het was bietjie liefies en ‘n Bioplus. My soulmate, my soulmate ons sal vir altyd mekaar se soulmates wees en ek glo jy is in ‘n beter plekkie daar bo by ons pappa God. Hy sal sy hand van beskerming oor jou hou en jou met jou mooi siel oop hande inlaat by hom.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir die mens vir wie jy was vir my en my kiddies nie, my pragtig. My hart is leeg ek het altyd woorde vir als maar nie dié keer nie. My mond is stomgeslaan en my hart verdrink in trane. My kop speel rond met my met wat as dié, wat as daai, dan kon sy nog hier by my gewees het.

“Jou fav gedig wat ek randomly gesê het toe stick hy – ‘Roses are red Violets are blue….Soulmates are true just look at me and you’.”

“My siel sal vir altyd aan jou behoort my Chelly. Jy was my gunsteling hallo gewees en my moeilikste totsiens. Oral waar ek kyk word ek herinner aan jou liefde. Jy is my wêreld.

“Hulle sê liefde is soos die wind jy kan dit nie sien nie, net voel en jou liefde het ek elke dag elke oomblik elke sekonde gevoel. Ek het beleef hoe liefde voel te dankte aan jou om iemand oneindig lief te hê.

“Ek het elke dag vir myself gesê ek kan nie nog meer lief vir jou wees as wat ek is nie, tot die volgende dag dan groei en groei dit net meer en meer. My hele hart en siel behoort aan jou jy was my reënboog in die storm.

“Dit was ‘n miljoen klein klein dingetjies wat, toe ons alles bymekaargetel het, beteken het dat ons veronderstel was om saam te wees.

“Ek sal altyd lief wees vir jou My mooiste mooi Chelly…..en ek sal altyd jou lyf bly.”

Ridge Times het op Facebook na Lamprecht uitgereik vir kommentaar, maar hy het teen druktyd nog nie op boodskappe reageer nie. Die koerant se soektog na familie van De Buys het ook nie vrugte afgewerp nie.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button