Municipal

AfriForum, boere en ondernemings voorsien weer water aan Bethallers

Boere verskaf nuwe waterpunt op Bethal.

Die AfriForum-tak op Bethal asook boere van die omgewing en ondernemings, het weer eens ingegryp en hul vragmotors, tenkwaens en JoJo-tenks ingespan om water te voorsien aan inwoners.

Dit kom nadat inwoners van die Govan Mbeki munisipale gebied al sedert 21 Januarie sonder water sit weens ’n probleem met Eskom se transformator wat elektrisiteit aan die Bloemendal-pompstasie moet voorsien.

Dié watertekort het eers net dele van die dorp sonder water gelos, maar teen 24 Januarie, was die hele dorp sonder water saam met 11 ander dorpe in die Govan Mbeki munisipale gebied.

Eskom moes eers dié groot masjien vervang en daar was bespiegel dat inwoners dalk eers teen 31 Januarie weer water sou hê. Die watertoevoer was egter weer Maandag op die been.

Mense gaan haal water by AfriForum se noodwaterpunt by die Gereformeerde Kerk op Bethal.

AfriForum en die boere het in 2019 toe Bethal-inwoners vir bykans ’n maand sonder water gesit het, ook ingegryp asook verskeie kere daarna wanneer water in dié dorp opdroog.

Die distrikskoördineerder van AfriForum se Hoëveld-streek, Hennie Bekker, het gesê hulle het verlede week water by verskeie punte op Bethal gaan voorsien waar inwoners dan hul houers kon bring om vol te maak.

AfriForum het ook ’n nuwe waterpunt by die Gereformeerde Kerk in Kleijnhansstraat op Bethal gevestig wat ook deur die boere onderhou gaan word.

AfriForum se Middelburg-tak het vyf watertenks aan dié noodwaterpunt geskenk.

Dié boere het ook water aan die munisipaliteit voorsien om noodsaaklike punte aan die gang te hou.

Inwoners wat boorgate in hul erwe het, het ook nie geskroom om in te spring nie en hulle het pype met krane op op hul sypaadjies aangebring sodat ander inwoners daar ook kon gaan water haal.

Die tanks wat AfriForum, boere en ondernemings op Bethal voorsien het verlede week om vir inwoners van dié dorp water te gee.

Die Govan Mbeki Munisipaliteit het met AfriForum gekoördineer om klinieke se watertenks ook vol te hou.
AfriForum het ’n boorgat wat glo jare terug as watervoorsieningspunt vir Bethal gebruik is, aan die munisipaliteit uitgewys.

Bekker reken dat die munisipaliteit nou dié boorgat kan toerus om as noodwaterpunt te gebruik in tye van watertekorte.

“Dié was ’n grootskaalse inisiatief wat opnuut gewys het waartoe ons as gemeenskap in staat is as ons veral in krisistye soos hierdie kan saamwerk om ’n oplossing te kry,” het Bekker gesê.

* Arisja, Ek dink die 3de foto is die beste, het hom nou eers in die e-pos gekry.

Related Articles

 
Back to top button