Bronkhorstspruit rig Welkom in AfriForum-wêreld-bord op
AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwag het vajaar reeds verskeie projekte aangepak en fokus hulle daarop om ’n veiliger omgewing te skep.
As deel van die bewusmaking van AfriForum se teenwoordigheid in Bronkhorstspruit, het die Bronkhorstspruit-tak begin om Welkom in AfriForum-wêreld-borde in die gebied op te rig.
Die projek het sy afskop op Maandag, 1 Augustus gehad, waartydens die eerste bord opgerig is.
Die Bronkhorstspruit-tak beplan om ’n verdere drie borde op te rig.
Die oprig van die borde het verder ten doel om die burgerregte-organisasie se teenwoordigheid op die dorp aan te kondig en te verseker dat die publiek daarvan bewus is dat AfriForum besig is met projekte om die algehele netheid en veiligheid van die dorp te verbeter.
AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwag het vajaar reeds verskeie projekte aangepak en fokus hulle daarop om ’n veiliger omgewing te skep.
Die tak hoop dat hierdie nuwe borde die gemeenskap sal aanmoedig om meer betrokke te raak by die veiligheidstrukture en projekte wat aangepak word.
“AfriForum sal aanhou om ons strukture te versterk en hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die gebied maak.
“Dié borde is deel van ’n projek wat AfriForum regdeur die Pretoria-area wil uitvoer.
“Dit is belangrik om bewusmaking te skep oor die werk wat ons takke doen en dat gemeenskappe sal inskakel by hul plaaslike strukture om ’n groter verskil te maak,” het Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord-area, gesê.
Die tak nooi die gemeenskap om deel te neem aan die toekomstige aksies wat hul beplan.
Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).



