Local newsStreeknuus

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak verf voetoorgange

“Die Bronkhorstspruit-tak is voortdurend op die uitkyk vir geleenthede om die gemeenskap by te staan.”

Die AfriForum-tak op Bronkhorstspruit het voetoorgange by twee skole op die dorp geverf.

Twee voetoorgange voor Hoërskool Erasmus en een voor Laerskool Du Preez Van Wyk is op Vrydag, 2 September oorgeverf.

Die tak het self die 60l wit verf wat gebruik is, verskaf.

Volgens Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, besef die Bronkhorstspruit-tak dat dit ’n tree in die regte rigting is en dat hulle sodoende ’n veiliger omgewing vir hul leerders skep.

AfriForum se Bronkhorstspruit-tak verseker die veilige oorgang van leerders na Laerskool Du Preez Van Wyk.

“Die Bronkhorstspruit-tak is daarom voortdurend op die uitkyk vir geleenthede om die gemeenskap by te staan.”

Dié tak beplan om verskeie groot projekte in die komende jaar van stapel te stuur en wil graag die gemeenskap nooi om aan hierdie projekte deel te neem.

“Die AfriForum-tak op Bronkhorstspruit sal aanhou om sy strukture te versterk en om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die betrokke area maak,” het Steinberg verder gesê.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronkhorstspruit-tak betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: SMS “Bronkhorstspruit” na 45340 (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button