AfriForum plant bome by skole op Secunda
Marietjie Skool benodig hulp met hul groente-tonnels.
AfriForum het onlangs weer met hul jaarlikse projek om bome te plant by skole op Secunda, afgeskop.
AfriForum se Secunda-tak het dié projek asook Erfenisdag die afgelope twee weke gevier.
Hulle het verskeie bome geplant by Curro Secunda, Oranjegloed Primary School, Laerskool Kruinpark, Hoërskool Oosterland, Evander High School, TP Stratten Primary School, Laerskool Hoëveld, Laerskool Trichardt, Laerskool Goedehoop, Highveld Ridge Primary School, Highveld Park High School, Laerskool Secunda, Marietjie Skool, Hoërskool Secunda en Trichardtsfontein Primary School.
Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, het by die meeste van die skole Pompon-bome en Huilbome geplant, behalwe by Marietjie Skool wat spesifiek vir vrugtebome gevra het en twee wit Karee-bome wat aan Laerskool Secunda en Hoërskool Oosterland geskenk is.
Marietjie Skool het verlede jaar ook vir vrugtebome gevra en hulle oes die vrugte om aan hul leerders te voorsien.
Du Plessis het gesê Marietjie Skool het tans ’n behoefte om hul groente-tonnels op te knap en enige iemand van die gemeenskap is welkom om hulle te help.
Vir meer inligting, skakel die skool se kantoor by 017 631 1474.
LEES OOK: Cullinan Police embark on school safety programme



