Laerskool Witpoort se leerders presteer op distrikvlak
Laerskool Witpoort se jaarlikse distrikprysuitdeling is p Vrydag 14 Oktober gehou.
Laerskool Witpoort se jaarlikse distrikprysuitdeling is p Vrydag 14 Oktober gehou.
“Die distrik bied jaarliks kompetisies aan waaraan ons leerders deelneem,” het Bernice van Staden, die skool se hoof van bemarking en projekte, gesê.
Leerders wat toekennings ontvang het, is soos volg: Graad 6: Enzo van den Bergh, Elizma Bester, Thomas Miller en Eliska Schmidt, het die entrepreneurs-kompetisie wen. Hulle het hard saam met me. Hanri Opperman en me.
Sheri-Lynn Fullard gewerk om die toekenning te verower.
In die kunsafdeling het Amy de Vos ’n tweede plek behaal en Xander Rex die derde plek. Kayla van Schalkwyk het deelgeneem aan Afrikaans voorbereide lees en het ’n eerste plek behaal.
Lana Grobler en Lua Mille het albei deelgeneem aan Afrikaans onvoorbereide lees. Tweede plek vir Engelse onvoorbereide lees het gegaan aan Tinitia van Tonder.
LEES OOK: Groot opgewondenheid tydens Heidi se braai-, bok- en brandweerdag op Delmas
Sy het ook aan die wiskunde-afdeling deelgeneem (mental maths) waar sy saam met ’n ander leerder die eerste plek behaal het. Sy het ongelukkig in die uitdunronde uitgeval.
Simone du Plessis het die eerste plek behaal in wiskunde in die ‘numeracy’-afdeling. Sy neem op Woensdag 26 Oktober deel aan die volgende ronde.
Sy het ook onder die top 4vier vir ‘mental maths’ geëindig. Elandri Prinsloo het onder die top vier vir wiskunde, spesifiek ‘numeracy’ geëindig.
Lezhelle Loureiro het deelgeneem aan die ‘spellathon’ en onder die top vier geëindig. Lezani van Wyn het onder die top 10 geëindig in die Engelse ‘spellathon’.










