‘n Kersgedig
JB Bekker is die raadslid van Wyk 100 in Tshwane Metro wat gebiede insluit soos Cullinan, Rayton, Mahube Valley en Refilwe.
’n Kersgedig deur raadslid JB Bekker van Wyk 100 wat gebiede insluit soos Cullinan, Rayton, Mahube Valley en Refilwe.
Kersfees is gevul met blink
Daardie vonkel, skyn en gloei
Hierdie vakansie plesier verblind ons
En tog, diep binne gewortel die blye boodskap
Ek stuur vir jou ’n ster
’n Diamant wat helder skyn
Een wat alle donker en verlange
So stil-stil laat verdwyn
Elke Kersfees het sy spesiale geskenke
Maar ons vreugde deur die jaar
Bly omring deur geliefde mense
Ons familie, vriende in liefdevolle vennootskap
Die melkweg in die ope velde
Wat my gedagtes diep geboei
Aan die purper Jakaranda
Weer in Christus liefde groei
Mag hierdie gemeenskap met geskiedenis verbind
Waar somerweer oor Kersfees
Bulderend met reën en Donder bloei
Weer trots pronk met Godgegewe gereedskap
Dalk het jy ’n hoekie
Wat na hierdie Lig verlang
Die liefde soos Johannes Boanarges
Om sy nek met trots gehang
Ek dink weer aan Godsliefde
’n Oneindig sterreskaar
Selfs al staan jou huis onder wolke
Kersfeessterspoor loop steeds daar



