Local newsLocal sportStreeknuus

Rayton Rodeo wys ‘n nuwe wenner aan

Morné Liebenberg van Rayton het die bul ore aangesit.

Rayton Rodeo het op 31 Desember ’n Oujaarsrodeo by Inni Lang-gras aangebied. Altesaam 11 volwasse bulruiters, drie jeugruiters en 30 perderuiters het deelgeneem.

Morné Liebenberg, ’n bulruiter van Rayton, is as die algehele wenner gekroon. Dit is sy vyfde professionele wen.

“Die kompetisie gaan vir meeste ruiters oor wie die beste ruiter is en watter ruiter kan watter ruiter ore aansit, maar vir my is die enigste kompetisie tussen my en die bul en nie tussen my en die ander ruiters nie,” het Liebenberg gesê. Hy ry nou maar eers vir ’n jaar en ’n half op groot bulle.

Hoe werk ’n rodeo?

Enige iemand, jonk of oud, is welkom om deel te neem aan beide die bulry of perdeafdeling ,” het Bertha Dorfling van Double B Ranch in Rayton gesê.

As die ruiter nuut in die sport of baie jonk is, word bulle gebruik wat nie baie draai of sal stamp of trap as die ruiter afval nie.

’n Gesaamtelike punt uit 100 (50 vir die ruiter en 50 vir sy bul) word toegeken aan die ruiter en die bul.


LEES OOK: Jason Botha’s body found in family dam in Boschkop area


Die punte word gebasseer op ondermeer die ruiter se styl en die gebruik van sy bene. Die Bul kry ook ’n punt uit 50 vir sy bokstyl.

’n Bul wat lekker hoog en hard bok gaan sorg vir ’n hoë punt uit 50 vir sy ruiter, waar ’n bul wat meestal net hardloop, vir ’n ruiter swak punte gaan veroorsaak.

Vir ’n ruiter om in aanmerking te kom vir die wenposisie, moet hy ten minste agt sekondes lank op die bul bly deur slegs met een hand aan ’n tou vas te hou anders is die wenplek neusie verby.

Elke ruiter betaal ’n fooi om aan die rodeo deel te neem en die geld gaan dan alles aan die wenner van die dag.

“Rodeo-bulle word spesiaal aangekoop vir die sport,” het Dorfling gesê.

“Dit is hul werk en wat hulle ken,” het sy voortgegaan.

En wat doen die bulle wanneer daar nie rodeo is nie ? “Hulle word bederf met broodjies en liefde,” het sy vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button