Malita-inwoners op Delmas is op Oukersdag verras
“Delmas-inwoners ken Helena as ’n omgee mens en iemand wat altyd anders se swaarkry, eensaamheid en hartseer bo die van haar eie plaas.”
Gedurende die tyd van gee en ontvang, was die senior burgers van Malita Aftree-oord op Delmas op Oukersdag verras.
Helena Biermann, haar dogter Cecillia Biermann, en twee kleindogters, Carla en Zané, het op 24 Desember die aftree-oord besoek en aan elke inwoner ’n Diamond Dot-geskenkie oorhandig.
Volgens Helena het sy en Cecillia deur die jaar twee-liter koeldrankbottels ingewin en so geld bymekaargemaak om die geskenkies te kon aankoop.
“Toe ek self ’n baie moeilike tyd in my lewe deurgemaak het, het ek die Diamond Dot-ding ontdek en dit het my besig gehou.
LEES OOK: Delmas SAPS awards members and civilians who walked the extra mile
“Ek weet baie van ons bejaardes is ook maar alleen oor die feesgety en daarom was dit volgens my die ideale geskenke om aan hulle te gee. Dié kunsvorm hou die hande en die gedagtes besig en bring baie genot,” het Helena gesê.
“Hulle vra so min in die lewe en die dankbaarheid oor iets só klein het my in trane gehad.”
Hoewel Helena en Cecillia die oorhandiging onder die vaandel van die Delmas Valke Buurtwag gedoen het, kom al die eer vir die inisiatief aan Helena en Cecillia toe,” het Carel Botha, voorsitter van die Buurtwag gesê.
“Delmas-inwoners ken Helena as ’n omgee mens en iemand wat altyd anders se swaarkry, eensaamheid en hartseer bo die van haar eie plaas. Ons bedank Helena en Cecillia vir die pragtige gebaar.”











