Die plaaslike VLU-tak het op 11 Januarie hul jaar met hul eerste vergadering afgeskop.
Daar is ook prysuitdeling gehou vir die vroue wat die beste gevaar het in die Secunda VLU-tak se maandelikse kompetisies waar hulle in afdelings van hekel- en breiwerk tot gebak moes meeding.
Launa Jansen van Vuuren was die algehele wenner vir 2022 terwyl Rosa Black tweede geëindig het en Teresa de Wet derde.
Jansen van Vuuren het ook die naaldwerkafdeling en die konferensie/kongres-afdelings gewen en tweede geëindig in die handvlytafdeling terwyl De Wet derde geëindig het in die naaldwerkafdeling asook die konferensie/kongres-afdeling.
Lettie Visser het die gebottel/gebak-afdeling gewen en tweede geëindig in die eie keuse-afdeling terwyl Alma Bosman die eie keuse-afdeling gewen het.

Die ander vroue wat presteer het is Black wat tweede in die naaldwerk en konferensie/kongres-afdelings geëindig het en Magda Schwab wie tweede in die gebottel/gebak-afdeling geëindig het en derde in die handvlyt-afdeling.
Chanelle Pretorius en Marina Luies deel die derde plek in die gebottel/gebak-afdeling.
Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 1 Februarie om 09:00 in Die Rots by die NG Goedehoop/NG Secunda-Oos-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.



