Local news

Kaalspruit-tak van VLU skop die jaar af

Onder voorsitterskap van Marietjie Swart, is sake op die agenda afgehandel.

Die VLU se Kaalspruit-tak se eerste vergadering vir die jaar het op 17 Januarie by die saal van die Hervormde Kerk plaasgevind.

Onder voorsitterskap van Marietjie Swart is sake op die agenda afgehandel. ’n Streeksvergadering sal op 26 Januarie by die NG Kerk se Oos-gemeente op Bethal gehou word.

Die ondervoorsitter, Anneline Smith, het die voorsitterstoel ingeneem toe Swart haar verslag aan die vroue voorgehou het.

Standerton Advertiser se Marina Schoombee was die gasspreker. Sy het kortliks die werk van ’n joernalis bespreek en ook die redakteur, Arisja Misselhorn van Secunda, se insette voorgelees.

’n Skryfstuk getiteld ‘So onthou ek my ouma’ is een van die kompetisieartikels. ’n Jaarprogram is aan die vroue uitgedeel. Dié tak sal op 21 Februarie weer byeenkom.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button