Local news

Secunda se Baba Lydia kry binnekort nuwe beenmurg

Gesin geniet nou drie weke tuis om te rus en herstel.

Theo en Estelle van Deventer is verheug nadat hulle verlede Maandag (23 Januarie) die nuus gekry het dat hulle uiteindelik ’n skenker vir hul 11-maande oue baba, Lydia, gekry het.

Lydia, die veearts Dr Louis Bosch se kleindogter, is toe sy net vier maande oud was, met leukeumie (bloedkanker) gediagnoseer en dit was die begin van ’n lang en uitdagende pad vir die gesin.

Hulle het verlede jaar einde November ’n beenmurgskenker vir Lydia gekry, maar dié het onttrek en die egpaar moes weer van voor af begin hoop en bid vir ’n ander skenker.

Klein Lydia het chemo-behandeling ontvang wat haar baie moeg en siek maak, hoewel dit nie so ’n sterk chemo behandeling is as dié wat sy ontvang het net nadat sy gediagnoseer is nie.

“Ons is dankbaar om vir drie weke net bietjie te kan rus en om tuis te wees met ons drie kinders,” het Estelle gesê.

Dié tyd is ook goed vir Lydia se liggaam om bietjie te rus en herstel.

Sy moet op 15 Februarie weer by die hospitaal in Gauteng wees om te begin met die voorbereiding vir die stamseloorplanting wat op 21 Februarie sal plaasvind.

“Ons het net besef watse groot wonderwerk dit is wat die Here vir ons gedoen het dat sy so skielik weer ’n skenker gekry het. Ons is so dankbaar.

“Hoewel dit ’n groot ding is en vir ons nogal vreesaanjaend is, besef ons ons is bevoorreg dat sy ’n skenker kon kry, want dit is wat Lydia dringend nodig het op die stadium.”


LEES OOK: Water problems in Bethal and eMzinoni continue


Estelle het vertel dat sy gereeld haar denke moes aanpas omdat die planne op hul pad sover met Lydia so gereeld en op kort kennisgewing verander het.

Lydia het ’n 10/10 skenker gekry wat baie beter is en in haar guns sal tel as wat sy byvoorbeeld ’n 9/10 skenker sou kry.

Estelle het mense gevra om saam met hulle te bid dat Lydia goed gewig sal optel en sterk sal word vir die pad wat voorlê en dat die oorplanting suksesvol sal wees.

“Ek voel of ek meer moed en krag het as met die vorige datum toe sy ’n stamseloorplanting sou kry.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button