Local newsStreeknuus

Gemeenskap-groentetuin op Cullinan blom nog sterk na Covid

Groentetuin in Cullinan verskaf nog steeds voedsel aan die gemeenskap, lank na sy oorsprong tydens Covid.

Tuinmaak het die potensiaal om algehele welsyn en gesondheid te verbeter, veral gedurende ’n krisis soos die inperkingsperiode tydens Covid-19.

Dit is toé dat sjef Johannes Bekker, ’n Cullinan-inwoner, die idee gekry het om ’n groentetuin te begin en vol te hou selfs ná die pandemie.

“Die plan agter die tuine is om die projek selfonderhoudend te maak en daardeur te verseker die kinders in die omgewing gereeld ’n gebalanseerde ete ontvang,” het Bekker gesê.

Hy was tydens die grendeltyd ook in beheer van 26 sopkombuise wat saam sowat 54 000 kinders en volwassenes een of meer etes per dag gebied het.

Dié groentetuine word in geheel organies bestuur. Elke span wat by ’n sopkombuis gewerk het, het geleer om te werk met wat in die natuur is en wat gevolg het was ongelooflik belonend.

Stap een was om komposhope te begin met blare en plantmateriaal in die omgewing. Takke en stokke is as basis gebruik waarna lae groen en bruin plantmateriaal gepak is en klam gehou word.

Ná die eerste week was die materiaal omgedolwe om vars lug in te werk. Na sowat ses weke van weeklikse rotering was die organiese kompos reg vir die tuin.

Die tweede stap was die voorbereiding van die grond. Die grond is voorberei in die grootte 6m x 6m met 50cm paadjies tussenin. Volgens elke saailing se volgroeide ruimte wat nodig is, is die spasies met ’n pik uitgemerk.

Kompos is in elke spasie geplaas en dan is ’n klein bietjie water bygevoeg. Daarna is die saailinge geplant en die grond gelyk gemaak.

“Die eindproses wat ons ‘God’s Blanket’ gedoop het, is ’n dik deklaag wat oor die hele gebied versprei is om die grond klam te hou,” het Bekker vertel.

Daar is tans groentetuine en sopkombuise steeds aan die gang in Onverwacht, Cullinan, Phumzile Park, Rayton en Kophanong.


LEES OOK: Delmas VLU-tak pak 2023 met nuwe hoop en ywer aan




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button