Malita-inwoners tel rommel onder die vaandel van Delmas Herleef op
Delmas Herleef lede asook die bestuur het spesiale dank uitgespreek tenoor die senior burgers vir hulle omgee vir Delmas en sy mense.
Gewapen met vuilgoedsakke en hoede teen die warm son, het die senior burgers van Malita Aftreeoord op Delmas rommel rondom die oord opgetel.
Van die inwoners het op 23 Januarie kragte bymekaar gesit en sodoende oorlog verklaar teen die romeelstrooiers in Sesdestraat.
“Baie dankie aan al die inwoners van Malita wat gehelp het om vuilgoed op te tel. Ons mag miskien oud wees, maar is nog lank nie koud nie,” het Boet Harvey, inwoner van Malita en aktiewe lid van Delmas Herleef laat hoor, gese.
Delmas Herleef lede asook die bestuur het spesiale dank uitgespreek tenoor die senior burgers vir hulle omgee vir Delmas en sy mense. “Dankie aan ons Herlewers.”
LEES OOK: Bronkhorstspruit resident opens up about his 14 days in hospital





