Local newsStreeknuus

Delmas Herleef aan die stuur van begraafplaas se opknapping

Munisipale werkers en Delmas First-ondersteuners het ook hand bygesit.

Die vrywillige groep inwoners wat deel vorm van Delmas Herleef se voortdurende opknapping en verfraaiing van Delmas is nou al ’n alombekende gesig op die dorp.

Die eerste skoonmaaksessie van die Delmas begraafplaas het op 26 Januarie plaasgevind.

Hier het ook werkers van Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit sowel as Delmas First hul gewig kom ingooi.

Die taak was egter te groot om in een dag af te handel en op 2 Februarie om 14:00 was dit voorgesit.


LEES OOK: AfriFourm to hosts a know your rights presentation in Secunda


Weer was daar, ten spyte van die warm son, geskoffel en gehark deur lede van Delmas Herleef.

Baie inwoners het ook die gebruik van hul tuinwerkers, tuingereedskap en ander hulpmiddels beskikbaar gestel en koue water is aan die werkers voorsien.

“Baie dankie aan elkeen wat kom hand bysit het tydens die skoonmaak van Delmas se begraafplaas. Saam maak ons ’n verskil,” het dr.

Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk en voorsitter van Delmas Herleef, laat hoor.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button