Dellies-landsdienslede is vir prestasies vereer
Die aktiwiteite word op ’n sentrale datastelsel ingevoer en word, volgens die nasionale landsdiensbeleid, gekoppel aan ’n gesigswaarde wat die totale punte bereken en koppel aan die toekennings waarvoor ’n lid kwalifiseer.
Hoërskool Delmas landsdienslede het op 6 Februarie ’n kenmekaarbyeenkoms gehou waar huidige lede vir hul prestasies vereer en nuwe lede verwelkom is.
Toekennings word gekoppel aan ’n puntestelsel sowel as die tydperk waartydens die lid aktief is by die verskillende landsdiens items wat deur die aangebied word.
Items sluit in klubaktiwiteite, klubprojekte, klubkamp bywoning, provinsiale- aktiwiteite, -projekte en -kampe, interprovinsiale kampe sowel as nasionale projekte en kampe.
Die aktiwiteite word op ’n sentrale datastelsel ingevoer en word, volgens die nasionale landsdiensbeleid, gekoppel aan ’n gesigswaarde wat die totale punte bereken en koppel aan die toekennings waarvoor ’n lid kwalifiseer.
LEES OOK: Standerton: Water is everywhere
Die toekennings op hoërskoolvlak is die van lidmaatskapbalkies, silwerprestasie, Impala, goue prestasie, leierskap en Springbok.
Landsdienslede van Dellies het wat goue prestasies behaal het, is Demitri Botes en Heinrich Wiese.
In die Impala toekenningskategorie het Alicia van der Walt, Letitia Botes, Steffan Budgen, Jan-Hendrik Bote, Rico van den Berg en Marcus Erasmus uitgeblink.
Louis Rossouw, Anke Wiese, Lezandi Botes, Wilmarie Liebenberg en Juané Herholdt het ’n silwer prestasie behaal terwyl Olwethu Moseneke en Sibahle Mahlangu elk ’n toekenning vir 85% bywoning ontvang het.
Hoërskool Delmas glo dat die landsdiens in 2023 nog hoër hoogtes sal bereik en so nog meer mense se lewens sal aanraak.



