Local news

AfriForum maak monument buite Standerton skoon

Dit word reeds sedert 2016 deur die tak onderhou en netjies gemaak.

AfriForum se Standerton-tak het op 14 Februarie ingespring en die Voetsporemonument buite Standerton skoongemaak.

Volgens ’n mediaverklaring van 15 Februarie, is dié monument ter nagedagtenis aan Daniël Poklenberg Erasmus opgerig, wat op 25 Januarie 1884 deur weerlig doodgeslaan is.

Dit word reeds sedert 2016 deur die tak onderhou en netjies gemaak. Die gras rondom die monument is gesny en onkruid, sowel as vullis, is verwyder.

Verdere opknappingswerk word in die toekoms beplan soos om die voetpad weer met gruis uit te lê om toegang na die monument te vergemaklik.

“Hierdie monument is enig in sy soort en die Standerton-tak is dankbaar dat ons die monument vir ons nageslagte kan bewaar,” het Leon Enslin, voorsitter, gesê.



LEES OOK: AfriForum praat op Secunda oor regte

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button